All Ages
Rudi Claase is 'n bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse musikant en liedjieskrywer, met talle treffers op sy kerfstok.
Die talentvolle ster het nog altyd die kuns verstaan om met mense se harte te laat praat en met sy nuutste enkelsnit, Woordeloos, bewys hy net weereens hoekom sy musiek - na twintig jaar in die bedryf - steeds so gewild is.
"Woordeloos is vir my baie spesiaal. Dit is 'n metafoor vir verlore liefde. Persoonlik voel ek ook dat ek myself oor die afgelope paar jaar verloor het en die tema van die lied sluit hierby aan,"verduidelik die sanger oor die pop-rock juweel uit sy eie pen. "Dit het gevoel asof my stem in donkerte probeer dans en ek nou eers myself gevind het. Ek is nie meer bang om die waarheid te praat nie. Ek het letterlik myself woordeloos gelaat te midde van 'n angswekkende noodsaaklikheid om uiting te gee aan my emosies. Ek hoop dat mense dit ook as meer as 'n liefdeslied sal ontvang."